top of page

Get your advertisement here! 

Allister: Hier vir groter, beter rugby

Sterk streekspanne binne die Namibiese rugbybedryf, ‘n span van 20 tot 30 voltydse, professionele rugbyspelers en ‘n hoëprestasieplan na sukses – dit is die bekende Allister Coetzee se droom vir die Namibiese rugbylandskap.



Allister, self ‘n voormalige rugbyspeler en afrigter van onder meer die Suid-Afrikaanse Springbokspan asook hoofafrigter van Rugby Rovigo in Italië, is ook verlede jaar aangestel deur Namibië se Welwitchias aangestel.  

Hy het onlangs op Grootfontein gekuier vir die streeksrugbykompetisie, wat van 24 Februarie tot 9 Maart moet plaasvind. “Grootfontein het reputasie vir groot, kragtige en swaar spelers. Rugby het ‘n plek vir almal en ons wil dit so kan benut,” het hy gesê.


Beter strukture

Hy sien egter behoefte aan beter kompetisiestrukture binne die Namibiese rugbylandskap, wat Namibië help om meer professioneel rugby te speel.

“Namibiese rugbyspelers moet ‘n groot sprong van klubrugby direk na die nasionale span maak – skielik moet hulle teen professionele beroepspelers speel. Die kompetisiestrukture waarin Namibië hom bevind is nie genoeg nie,” meen Allister.

Hy wil weer streekspanne op die been bring. “Ons moet kyk of ons sterker streekspanne uit klubrugbyspelers kan vorm, waarvandaan hulle dan eers aan Suid-Afrikaanse kompetisies gaan deelneem, daarvan teen die res van Afrika meeding en dan internasionaal speel.  Na my mening is dit hoe Namibiese spelers kan gedy en hul vaardighede verbeter – veral in ‘n land waar hulle nie voltyds rugby kan beoefen nie,” het hy gesê.

Allister erken dat alle planne en projekte natuurlik afhanklik is van finansies, terwyl Namibië se groot afstande ook ‘n faktor is.

Allister sê die inisiatief om ‘n streekrugbyspan in die noorde op die been te bring, betrek alle noordedorpe – ook vir Oshakati, Tsumeb, Otavi en Otjiwarongo.

Hy sê dit bied aan hom die geleentheid om saam met klubafrigters te werk. “Bykans al die afrigters wat saam met my by die Mzansi-beker was, is nou hoofafrigters van die verskillende streke. Dit beteken dat die bloudruk vir Namibiese rugby kan nou na die klubs toe geneem word. Dit beteken ook persoonlike ontwikkeling vir die afrigters,” het hy gesê.

“Dit kan Namibiese rugby tot by die volgende vlak bring.”


Beter agterlaat

Coetzee sê hy deel graag sy kennis en ervaring en dit is ook hoekom hy op Grootfontein is. “Ek wil die Namibiese rugbylandskap in ‘n beter toestand laat as waarin ek dit gevind het. Dit is wie ek is,” het hy gesê.

“Daar is baie werk om te doen in terme van Namibiese rugby. Almal is baie passievol, maar ek dink almal se pyle mik noodwendig in dieselfde rigting nie.”

Hy sê talle ander Afrika lande groei reeds sterk in hul rugby en vind die nodige finansiële inspuitings daarvoor. “Namibië moet oorleef met sy klein begroting, maar ek dink nie dit is volhoubaar nie. Wat Namibië baie anders maak is dat sy rugbyspan bestaan uit werkende mense wat ver moet ry om rugby te speel.

“Ons topspelers hardloop na buitelandse klubs wat die meeste betaal. Namibië sal slimmer moet werk om sy jong talent geïnteresseerd te hou en tuis te hou. Dit gaan nie net oor geld nie, afrigting en ander faktore speel ook ‘n rol,” sê hy.

Allister sê selfs die sogenaamde “tier 2-lande” is al professioneel en nie meer amateurs nie. Hulle het al “franchise spanne” ontwikkel met mense wat voltyds rugby speel. As Namibië ook by daardie punt kan kom, kan ons maklik in die top 15 van die wêreld beland. Die talent is daar,” sê hy.

Namibië moet ‘n groep van 20 tot 30 voltydse professionele spelers kry wat in kompetisies kan deelneem.

Coetzee sê dit neem egter tyd om enige projek suksesvol te maak en Namibië het ‘n langtermynplan nodig waarby almal inkoop en wat gedryf word deur mense met die nodige ondervinding en bevoegdheid.


Vol of vir Namibië

Ná Allister sowat ‘n jaar waarin hy voltyds by Namibiese rugby betrokke is, is hy vol lof vir die land.

“Namibiërs is my tipe mense. Hulle is warm, plat op die aarde, lieflike mense.

“Terwyl die pas in die land veel stadiger is as wat ek gewoond is in Suid-Afrika, is dit nie noodwendig ‘n slegte ding nie,” lag hy. “Boonop het Namibië ‘n unieke tipe skoonheid en is dit vir my nader aan die ‘huis’.”

Allister sê dit is ook vir hom ‘n nuwe ervaring om te vind hy werk dikwels nou saam met boere.

Ook bring hy ‘n rykdom ervaring en kennis na Namibiese rugby.

Comments


oh!sixseven.png

Hi, thanks for stopping by!

Own a business? Want to reach customers in the 067-valley? We can help!

Let the news
come to you.

Thanks for submitting!

  • Facebook
  • Instagram
  • Twitter
  • Pinterest
bottom of page