top of page

Get your advertisement here! 

By Zuri is almal welkom

  • Writer: 067triangle
    067triangle
  • Jan 30
  • 3 min read

Updated: Apr 2

Dr. Erika, wat onlangs ook twee wees-vlermuise moes inneem, het Zuri 'n paar jaar gelede begin toe iemand 'n verbande en mishandelde kat vir haar gebring het om te versorg. 



“Zuri is ‘n Swahili-woord vir 'mooi'. Vir ons is ons plek die mooiste in die wêreld,” vertel die veearts, dr. Erika de Jager van Zuri Orphanage, ‘n plaas net buite Tsumeb wat ‘n veilige hawe vir wees- of beseerde wilde diere is. Dr. Erika, wat onlangs ook twee wees-vlermuise moes inneem, het Zuri 'n paar jaar gelede begin toe iemand 'n kat vir haar gebring het om te versorg.


“Pippie was aan die brand gesteek. Sy het beide haar ore verloor en brandwonde op haar hele lyf gehad. Ons het haar maande lank versorg. Vandag is sy die liefdevolste kat onder die son. Ons het toe besef daar is baie diere wat hulp nodig het,” sê sy.


Volgens dr. Erika word diere nie by Zuri gevange gehou nie; maar slegs versorg totdat hulle terug veld toe kan gaan. Tog kom baie van die diere steeds elke aand terug huis toe om te eet of te kom kuier.


Een voorbeeld is Jenny, ‘n duiker wat suksesvol op Zuri vrygelaat is. Plaaswerkers met haar met ‘n naelsting aan in die veld gevind en Zuri toe gevat.  


“Elke nou en dan kom kuier sy. Daar is altyd appels vir haar in die huis. Sy eet, speel met die honde en gaan terug bos toe. Dit is presies wat ons wil hê. Wanneer ons wesies groot en sterk genoeg is, moet hulle terug veld toe gaan. Ons wil hulle nie mak maak nie. Hulle is wilde diere en hoort in die natuur.


”Zuri is nie net vir wilde diere nie. Matanie, die hond bly ook al jare lank daar.


“Ek het die hond in die pad sien hardloop en toe ek haar wou vang, het sy weggehardloop. Drie dae later het ek haar by een van my perdesleepwaens gesien. Ek het haar huis toe geneem en sy het drie dae lank op die bank gelê en slaap. Sy was mishandel, plastiek was om haar nek gewikkel en sy het ‘n brandwond op haar kop gehad. Na die drie dae se slaap, was sy die dankbaarste hond ooit.”


Vlermuise ook belangrik

Spark en Sparkels is klein-losstertvlermuise wat in Gobabis gered is en na die Zuri Orphanage vir wilde diere geneem is. 



Die twee vlermuisies was die enigste oorlewendes van ‘n groep van sewe, nadat hulle uit die pyp van ‘n koolstoof gered is.


“Ons het baie vlermuise in die dak op die plaas. Toe ons twee groot dooie vlermuise vind, het ons ook hul kleintjies raakgesien en besluit om hulle te red,” vertel Marselle de Villiers wat die weesdiere gered het. 


“Aanvanklik was ons bang vir hondsdolheid, maar ‘n mens maak nie net diere dood nie. Hulle is met ‘n doel geskape. Hoe meer ons met hulle gewerk het, hoe meer het ons besef hulle is vrek oulik. Hulle het meer-en-meer in ons harte ingekruip.”


Omdat die babavlermuise elke twee uur kos nodig gehad het, moes Marselle en haar gesin hulle selfs in ‘n mandjie saam na die dam neem om te voer.


Hulle het besluit om hulle vir Zuri te stuur.


“Dit was moeilik om van hulle afskeid te neem, maar ons het geweet dis die regte besluit,” sê Marselle.


Volgens die stigter van Zuri dr. Erika was hulle seker die moeilikste diertjies wat Zuri nog gekry het. 

“Daar is nie veel inligting oor hulle beskikbaar nie. Ek het met vlermuis rehabilitasiesentrums in Suid-Afrika kontak gemaak. Ons het al – weens onkunde – van hulle verloor, maar terselfdertyd ook baie oor vlermuise geleer en watter ongelooflike diere hulle is.”


Vlermuise speel ‘n noodsaaklike rol in die natuur, verduidelik Erika: “Hulle eet elke nag miljoene muskiete. Hulle is klein, maar hul impak is enorm.”


Comments


oh!sixseven.png

Hi, thanks for stopping by!

Own a business? Want to reach customers in the 067-valley? We can help!

Let the news
come to you.

Thanks for submitting!

  • Facebook
  • Instagram
  • Twitter
  • Pinterest

Oh!SixSeven, telling our most inspiring stories!

Let us know what's on your mind

Thanks for submitting!

© 2035 by Turning Heads. Powered and secured by Wix

bottom of page