top of page

Get your advertisement here! 

Fondsinsameling vir Jezelle se behandeling

Jezelle Yssel (nee Rossouw), wat in Grootfontein op skool was en intussen naam gemaak het as ‘n gewilde ontluikende Afrikaanse sangeresin beide Namibië en Suid-Afrika, is onlangs met limfoomkanker gediagnoseer.

Daar is intussen ‘n fondsinsameling vir haar begin om haar mediese onkoste te dek, wat ontsettend hoog is, terwyl sy dringend behandeling moet ontvang.

Jezelle het in die laaste tyd, ná dinge in die musiekbedryf vir jare lank stilgestaan het tydens die Covid-pandemie, weer begin toer en opgetree. Sy het egter agtergekom dat sy ongewoon moeg voel en het ook 'n knoppie agter in haar nek ontdek.

Ná vele toetse en doktersbesoeke is dit bevestig dat sy kanker het. Daar is reeds 'n limf-biopsie gedoen, asook ‘n CAT- en PET-skandering asook 'n beenmurg-biopsie. Die kanker is in haar bloed, limfkliere, beenmurg en milt opgetel.

Dit is egter behandelbaar, maar sy moet dringend met behandeling te begin. Die mikpunt is om sowat N$100 000 in te samel – teen verlede week was daar reeds sowat N$2000 se donasies op BackaBuddy gemaak.

Donasies vir Jezelle kan gemaak word deur die BackaBuddy webwerf te besoek (https://www.backabuddy.co.za/jezelle-yssel-5546852509716854411).

Jezelle is die beste bekend vir liedjies soos “Suidwes” en “Plekkie in die son”, en sing alreeds van skooldae af.



Comments


oh!sixseven.png

Hi, thanks for stopping by!

Own a business? Want to reach customers in the 067-valley? We can help!

Let the news
come to you.

Thanks for submitting!

  • Facebook
  • Instagram
  • Twitter
  • Pinterest
bottom of page