top of page

Get your advertisement here! 

Geen huis soos jou heimat

Die sepie Egoli se dae lank vergete, het Ebi Halberstadt homself weer in sy geboortedorp Grootfontein gevestig – die keer saam met sy pragtige vrou Olga en hul dogter Ava.

“Dit is vir ons so lekker hier. Ons voel reeds so deel van die gemeenskap, wat ons met ope arms verwelkom het,” vertel Olga.

Sy sê die besluit om terug te keer na Ebi se wortels het gekom terwyl hulle eintlik gereedgemaak het om na Nederland te emigreer. Ebi sou daar in die hernubare elektrisiteitsbedryf betrokke raak.

“Ons was besig om al die papierwerk in orde te kry, maar toe is Ebi se moeder oorlede. Ons het toe eers hierheen, na die familieplaas gekom.

“Sonder dat ons werklik daaroor gepraat het, het ek en Ebi albei tot die gewaarwording gekom ons wil eintlik hierheen trek. “Hoekom nie Grootfontein nie?” het ons mekaar een aand gevra.


Eie onderneming

Die res is geskiedenis en Grootfontein het die Halberstadts met ope arms verwelkom. Dit was dan juis Ebi wat elke Grootfonteiner (en Namibiër) voor die kassie gehad het toe hy die rol van Braam in die destydse M-Net-sepie, Egoli begin vertolk het.

“Ek is zero bekend, hy is bekend,” lag Olga. Ebi het ná Egoli net hier en daar weer ‘n klein rolletjie vertolk, maar hy het toe meestal toe begin werk as ‘n elektrisiën – waarvoor hy opgelei is - en mettertyd ook oorsee as elektrisiën gewerk.

Dit was toe wat ek en Ava lank alleen in Pretoria was. Op Grootfontein is ons nou almal bymekaar en ons is nou ‘n gesin,” sê Olga oor hul besluit om Grootfontein toe te kom.

Intussen het Ebi se eie elektrisiën-onderneming begin en stel die Halberstadt ook belang om in boerdery betrokke te raak.


Ontmoeting

Maar waar het Olga en Ebi ontmoet?

“Ons het ontmoet by gemeenskaplike vriende, by wie hy gehuur het. Vir die eerste jaar het hy my ignoreer en verby my geloop sonder om te groet. Ek het hom eenkeer daaroor uitgevra en hy het toe later erken dit is eintlik omdat hy so veel van my gehou het toe hy my die eerste keer gesien het, dat hy te skaam was om met my te praat.

Olga was ook die eerste meisie wie hy eindelik saamgebring het Namibië toe, huis toe. “Ek het na daardie eerste vakansie vir hom gesê hy moet my net nóóit vra om in Namibië te kom woon nie,” lag sy.

Sy sê sy het ook besef dat sy sal moet leer Duits praat, want niemand hier gaan net ter wille van haar Afrikaans praat nie. Sy het dus in haar motor op pad werk toe na Duitse taalkursusse geluister en die taal aangeleer – heeltemal gepas sodat sy juis in Namibië kon kom woon.

Comentários


oh!sixseven.png

Hi, thanks for stopping by!

Own a business? Want to reach customers in the 067-valley? We can help!

Let the news
come to you.

Thanks for submitting!

  • Facebook
  • Instagram
  • Twitter
  • Pinterest
bottom of page