top of page

Get your advertisement here! 

Namibiese K9-hond ‘n filmster

  • Writer: 067triangle
    067triangle
  • Jul 26, 2024
  • 1 min read

‘n Belgian Malinois-spoorhond genaamd A.K., wat die noorwestelike dele van Namibië se renosters en olifante teen stropers beskerm, sal binnekort as die ster in ‘n splinternuwe dokumentêre rolprent genaamd Canine verskyn.



A.K se faam is beslis welverdiend, want hy die afgelope jaar sy staal gewys toe hy gehelp het om in Maart ‘n verdagte met ‘n renosterhoring voor te keer en te vang.


In Mei het hy nog drie verdagtes help vang wat met 21 olifanttande via die Zambezi-rivier na Zambië wou reis.


Die rolprent Canine begin met A.K. se opleiding, wat tot Maart 2022 in Cork, Ierland onder die meesterhand van die elite honde-opleier Rory Hennebry plaasgevind het. Daarna is die hond na Faan Oosthuizen gebring – sy Namibiese hanteerder wat ook die hoof van ‘n plaaslike teenstropingseenheid is.


Rory het aanvanklik vir twee weke saam met Faan en A.K. gewerk voor hy die hond amptelik oorhandig het. Faan het voortgegaan met A.K. se opleiding en hom bekendgestel aan Namibië se parke en bewaringsgebiede.


Rory het aan die media-huis People.com gesê hy wil graag sy deel doen in die beskerming van Namibië se wild. Die dokumentêr volg die hond terwyl hy van dag-tot-dag sy werk as ‘n K9-honde-eenheid doen.


A.K. is hoofsaaklik werksaam in Damaraland en die Kwando-bewaringsgebied. – verkort van People.com  

Comments


oh!sixseven.png

Hi, thanks for stopping by!

Own a business? Want to reach customers in the 067-valley? We can help!

Let the news
come to you.

Thanks for submitting!

  • Facebook
  • Instagram
  • Twitter
  • Pinterest

Oh!SixSeven, telling our most inspiring stories!

Let us know what's on your mind

Thanks for submitting!

© 2035 by Turning Heads. Powered and secured by Wix

bottom of page