Ondersteun dié dapper vegtertjie
Alhoewel klein Johann Dip-penaar (3) ná sowat vyf weke (en met sy verjaarsdag) in die hospitaal eindelik ontslaan en tuis is, het sy diagnose van Leigh-sindroom die Otjiwa-rongo-gesin se lewens totaal omvergegooi.
“Johann’tjie, ‘n blakende ge-sonde seuntjie tot hy in Febru-arie met Ataxia gediagnoseer is, moet nou elke drie ure gevoed word. Daarbenewens is die spesiale medikasie en dieet wat hy moet volg baie duur terwyl hul mediese fonds uitgeput is. Hy het 24-uur per dag se versorging nodig,” sê Rina-Mari, Johann se ma.
Hy is nou op 'n baie streng Keto-dieet, want sy lyfie kan nie suiker verwerk nie, sê sy.
Rina-Mari verduidelik Ataxia verwys na ‘n toestand waar iemand swak spierbeheer ontwikkel. In Johann se geval het dit beteken hy het begin sukkel om te loop.
Johann is na 'n pediatriese neuroloog in Suid-Afrika geneem, maar kon nie 'n beslissende diagnose kry nie.
“Ná Februarie het hy weer sterker geword en begin loop. Op 28 Maart kry hy egter 'n tweede episode, die keer erger as die vorige. Hy word tog weer sterker en begin weer kruip.
Op 1 Junie word hy oornag siek met brongitis en is in die hospitaal opgeneem, maar weer op die 3de ontslaan,” vertel Rina-Mari.
Die nag van die 5 Junie is die Dippenaars egter ongevalle toe, want klein Johann wou nie ophou huil nie. Daar het hy die hele dag lank geslaap, maar in die nag stuiptrek-kings begin kry. Hulle is met ‘n ambulans na ’n pediater in Swakopmund geneem omdat sy stuiptrekkings nie onder beheer wou kom nie. Hy het die dag met 54 stuiptrekkings geëindig, sê sy.
Rina-Mari sê klein Johann se brongitis het oorgegaan na brongo-longontsteking. “Hy is op die 8ste Junie geïnkubeer en sedeer om die stuip-trekkings onder beheer te kry. Op 10 Junie is hy van die ventilator afgehaal, maar het baie agteruitgegaan. Hy word die volgende dag weer geïnkubeer. Toe het hy begin sterker word. Op 17 Junie word hy afgehaal - sterk en gemaklik - net dat sy longe 90 minute later platval. Teen 20 Junie was hy kritiek. Dis toe dat hy met Leigh-sindroom met behulp van magnetiese resonansbeelding (MRI) gediagnoseer is.
Help die Dippenaar-gesin om mediese rekeninge te vereffen - hul mediese fonds is uitgeput.
Skenkings kan gemaak word op Back-A-Buddy (besoek https://shorturl.at/XIzX8).
Σχόλια