top of page

Get your advertisement here! 

Reuse in 067 se tuine

As Nurugas Boerevereniging se jongboerkomitee hul sin kan kry, sal die streek se ouetehuise binnekort maandelange voorraad van pampoen kan hê, terwyl die Nurugas Pumpkings Pampoenfees voorts ‘n tradisie kan word.


Dit kom nadat 20 Nurugas-jongboere onlangs ‘n pampoenkompetisie begin het om te kyk wie die grootste pampoen kan kweek.


Terwyl die prysgeld tans op sowat N$25 000 staan, sal daar in Maart tydens ‘n geselligheid ook pryse vir die lelikste en mooiste pampoene gegee word. 


Tiff Coston, die voormalige voorsitter van Nurugas se jongboerkomitee sê die inisiatief is geskoei op die Goliat van Gat-pampoenkompetisie wat deur Cullinan-boere in Suid-Afrika aangebied word.


Tiff sê elke deelnemer het in September en Oktober verlede jaar elkeen twee pitte van die Dill’s Atlantic Giant-pampoen ontvang.

“Die belangrikste reëls is dat jou pampoen ‘n naam moet hê en hy heel moet wees. Jy mag meer as een pampoen inskryf.”

Sy pampoen is byvoorbeeld Glynnis Breytenbach gedoop. Sy pampoen weeg, volgens die mates, reeds sowat 240 kg (foto). Van die ander name vir die pampoene is Vet Hond, Bielie van ‘n Bielie en Zeus.

コメント


oh!sixseven.png

Hi, thanks for stopping by!

Own a business? Want to reach customers in the 067-valley? We can help!

Let the news
come to you.

Thanks for submitting!

  • Facebook
  • Instagram
  • Twitter
  • Pinterest
bottom of page